Visie:
Laerskool Mooirivier wil kinders met
liefde en deernis opvoed om hulle volle
potensiaal in die wêreld te verwesenlik
en om ʼn leidende rol op akademiese,
kulturele en sportgebied te speel.
Missie:
Laerskool Mooirivier is ʼn Afrikaanse
openbare skool, wat daarna streef om op
ʼn holistiese manier kwaliteit onderrig
en ontwikkeling aan leerders te verskaf.
Dit moet bereik word deur :
• Kinders ongeag geslag, taalvoorkeur of
herkoms altyd menswaardig te behandel.
• Afrikaans as onderrigmedium te gebruik.
• Engels as eerste addisionele taal
vanaf gr. 1 tot 7 te onderrig.
• Setswana as tweede addisionele taal
stelselmatig vanaf gr.1 by die
onderrigplan in te sluit.
• Roepingsbewuste onderwysers aan te
stel en te ontwikkel.
• Waar enigsins moontlik en prakties
haalbaar, die jongste tegnologie in te
span om onderrig te verbeter.
• Die handhawing en uitbouing van
bestaande waardes, norme en standaarde
en die uitlewing daarvan op alle gebiede.
Laerskool Mooirivier het ook vanjaar sy
80ste verjaarsdag gevier. Op Woensdag 15
November het die Tokkies fees gevier.
Laerskool Mooirivier:
‘n Skool met ‘n mooi verlede
Die Teologiese Skool van die
Gereformeerde Kerk het net na die
eeuwending vanaf Burgersdorp na
Potchefstroom geskuif. Omrede baie
voornemende teologiese studente nie oor
die nodige opvoedkundige agtergrond
beskik het nie, het daar weldra ‘n
Voorbereidende Skool (waar die Totius
Akademie vandag is) langs die Teologiese
Skool geopen en kort voor lank het melk-
en hardebaarde dieselfde klaskamers
gedeel.
In 1929 het die Voorbereidende Skool die
Demonstrasieskool van die
Potchefstroomse Normaalkollege geword.
Hier moes die studente kindersielkunde
en onderrigmetodes op 'n hoë vlak toepas
en op die proef stel. Baie ouers was erg
ontstel omrede hulle kinders as
‘proefkonyne’ vir die onderwysstudente
moes dien.
In 1935 word die skool 'n gewone skool
onder die jurisdiksie van die plaaslike
skoolraad, maar smelt later saam met
Laerskool President Pretorius.
In 1937 word 'n nuwe skool, die
Mooirivierskool, weer in die geboue van
die ou Voorbereidende Skool geopen met
mnr. John Davey as eerste hoof.
Gedurende 1948 het die Mooirivierskool
na die ou skoolgeboue van Hoërskool
Gimnasium (nou die ou dele van die
huidige Rep-en-Roer Kleuterskool) getrek.
Die skool het ‘n paar moeilike jare
belewe en soms gegroei en andersins
gebloei onder die leierskap /
bekwaamheid van die verskillende hoofde.
In 1992 het Laerskool Mooirivier 'n
staatsondersteunde skool (Model C-skool)
geword, maar as gevolg van ‘n nuwe
onderwysbedeling, het die skool weer in
1997 ‘n openbare skool (staatskool)
geword.
Mnr. Ruben Jacobs is die aflope 25 jaar
die skoolhoof en danksy sy en die
Beheerliggaam se versiendheid,
vasberadenheid, ywer en entoesiasme, het
die skool gegroei van ‘n klein skooltjie
van net onder die 500 kinders na ‘n
groot skool met 871 leerlinge en 282
kleuters.

|