...
   

Die Bybelvasvra is die akademiese sport van Laerskool Mooirivier. 12 GR.6 -en Gr.7 –leerders neem hieraan deel. Tans bestaan die drie spanne uit vier lede elk. In elke span is twee leerders wat gedeeltes uit die Ou Testament en twee leerders wat gedeeltes uit die nuwe testament bestudeer.

Ons neem op Nasionale vlak hieraan deel. Die Rapprtryerbeweging bied dit aan. Die eerste twee rondtes vind in die verskillende streke van die plaas gedurende Mei en Augustus. Die finale rondte is slegs vir die Top 10 skole in die land en vind in Oktober plaas. Met die eerste rondte was ons in die Top 20 van die land. Ons neem ook deel aan die Super-12-Bybelvasvra in Augustus.

Vir die leerders is dit nie net ‘n leerervaring nie, maar ook ‘n onvergeetlike lewenservaring.

 
TOKKIES IN FINAAL VAN NASIONALE BYBELVASVRAKOMPETISIE

Die Tokkies se Bybelvasvraspan het net soos in die verlede, weer eens daarin geslaag om een van 10 spanne in die land te wees wat deurgedring het na die finale ronde van die kompetisie. Die finale ronde van die Rapportryers se Nasionale Bybelvasvrakompetisie vind vanaf 18 tot 20 Oktober in Hartenbos plaas. Die skoolgemeenskap is baie trots op die fakkeldraers!


Voor: Catherine Ellis, Jessica Grobbelaar.
Agter: Riana Loest (afrigter), AP Müller, Thinus Vorster, Hanlie Krüger (afrigter).

 


BYBELVASVRASPAN DEUR NA TWEEDE RONDE VAN RAPPORTRYERS SE NASIONALE BYBELVASVRAKOMPETISIE

Laerskool Mooirivier se Bybelvasvraspan het deurgedring na die tweede ronde van die Rapportryers se Nasionale Bybelvasvrakompetisie. Die span se uitslae tydens die eerste ronde was ook onder die top 10 spanne in die land.



Voor: Rian Loest (afrigter), Thinus Vorster, Jessica Grobbelaar, Hanlie Krüger (afrigter)
Agter: Catherine Ellis en AP Müller.

 


 

 
<Terug na Bo>
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]