...
   
   

ERKENNINGSFUNKSIE 2019

Klik hier vir die program

PDF skyfievertoning >> Gr.1-3
PDF skyfievertoning >> Gr.4
-5
PDF skyfievertoning >> Gr.6-7
 

Die sport- en kultuurtrofeŽ tydens die erkenningsfunksie word slegs toegeken aan gr. 7-leerlinge.

Die sporttrofeŽ (beste sportseun en -dogter) word toegeken aan gr. 7ís wat die beste presteer het in Ďn wye verskeidenheid skole sportsoorte.

Die kultuurtrofeŽ (kultuurseun en Ėdogter) word toegeken aan die gr. 7ís wat die beste presteer het aan Ďn wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite wat deur die skool ondersteun word. Die aktiwiteite sluit slegs die volgende in: Voortrekkers, redenaars (Super 12, ATKV, Radikaal), revue, seniorkoor, algemene kennis, NW-kinderkoor / jeugkoor / jeugorkes en Bybelvasvra.


Jhanco de Beer
Tokkie van die jaar
Duxleerling
Beste akademiese prestasie in AFR, EBW, NW, SW, TEG, WISK,
Akademiese prestasie 85%+ vanaf gr. 4 - 7

Jhanco de Beer, gr. 7-leerling van Laerskool Mooirivier, het die kollig gesteel tydens die skool se erkenningsfunksie. Diť veelsydige Tokkie het trofeŽ ontvang as Duxleerling en Tokkie van die 2019.

Hy het in Afrikaans, Wiskunde, Sosiale Wetenskappe, Tegnologie en Natuurwetenskappe trofeŽ ontvang as die beste akademiese presteerder. Hy het verder vanaf gr. 4 tot 7 die hoogste akademiese prestasie elke jaar behaal. Hy het ook bokant 85+% vanaf gr. 4 tot 7 behaal en het 94% gemiddeld vir die eerste 3 kwartale van sy gr. 7-jaar.

Op sportgebied het hy geskitter in die skool se atletiek-, o/13A-rugby en o/13A-krieketspan. Hy het ook die skool by die Super 12-landloopbyeenkoms verteenwoordig.

Op kulturele gebied het hy aan die spanredenaars tydens die Super 12-redenaarskompetisie en die skool se revue deelgeneem.

Hy was 'n hoofleier een kwartaal en is tans die onderhoofseun van Laerskool Mooirivier.

Moenie dink Jhanco is 'n boekwurm nie. Hy is baie onnutsig en het 'n goeie humorsin. Die klein rakker gaan met sy positiewe houding beslis dit nog ver in die lewe bring. Hy het diep in die harte van baie Tokkie-personeel gekruip en 'n voorbeeld gewees hoe om speel-speel die swaarkry met lekkerkry klaar te kry.


 

_______________________________________________________________________________________________________________________________

Laerskool Mooirivier het tydens die skool se erkenningsfunksie twee uitmuntende en veelsydige sportseuns bekroon met die sporttrofee.

Antonie Labuschagne het hom gedurende sy laaste jaar by Laerskool Mooirivier op vele sportterreine onderskei. Tydens die skool se huissport het hy die trofeŽ ontvang as beste gewigstoot-, skryfwerpatleet en beste naelloper. Hy het die Sias Fourie Wisseltrofee ontvang as beste baanatleet. Hy het die Kenneth Kaunda Atletiekspan gehaal maar moes later weens ʼn besering onttrek. Hy het vir die Noordwes o/13A-hokkiespan gespeel. Hy het Noordwesrugby tydens die Cravenweek verteenwoordig.

Lhuan-drť Pretorius het weer vir die Luiperdspan uitmuntende rugby tydens die Cravenweek gespeel. Hy is vir die Noordwes Provinsie se o/13A-Momentum Krieketspan gekies. Hy het verder ook die skool se wisseltrofee ontvang as beste gholfspeler.

Altwee die seuns het vir die skool se o/13A-rugby-, hokkie en krieketspanne gespeel. Die skool se o/13A-spanne was die Noordwesnaaswenners in die rugby en Noordweswenners in die hokkie- en krieketliga.

Volgende jaar gaan Antonie Labuschagne na HoŽrskool Noordheuwel in Krugersdorp. Lhuan-drť Pretorius gaan by die private skool St. Stithians in Johannesburg sy sportvlerke verder ontwikkel.


 

 

 

<Terug na Bo>
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]