...
   
TOKKIE SKITTER OP INTERNASIONALE VERHOOG

Bianca Joubert, 'n gr. 5-leerling van Laerskool Mooirivier, het rede om so breed te glimlag. Sy het gedurende die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles net soveel medaljes verower as wat daar vingers aan haar twee hande is. Sy het agt silwer medaljes verower in ballroom, kontemporêr, volksdans, hip-hop, jazz en die musikale interpretasie van 'n karakter. DIe twee brons medaljes het die kroon gespan op haar volharding, toewyding en talent. Hier spog sy met die 10 medaljes en dra sy trots die SA-baadjie.

 

Een van die Tokkies het die jaar uitgeblink in perdry. Aangeheg 'n opsomming van haar prestasies op nasionale vlak.

Klik hier vir meer inligting

 
GR7 TOER
   
   

   
NASIONALE ONDERWYSTOEKENNINGS VIR UITMUNTENDHEID

Twee van Laerskool Mooirivier se onderwysers het baie goed presteer in die JB Marks Subdistrikuitdunne vir die Nasionale Onderwystoekennings. Op 5 September is daar tydens ‘n spoggeleentheid by Die Wilgers ere gebring aan uitmuntende onderwysers. Elené van Wyk (regs) het ‘n eerste plek behaal in die kategorie Uitmuntendheid in Gr. R-onderrig. Elené is ‘n onderwyseres by die Mooirivier Rep-en-Roer Kleuterskool. Trishka Longweni (links) het ‘n tweede plek behaal in die kategorie Uitmutendheid in laerskoolonderwys. Die Tokkies is baie trots op die twee bekwame onderwyseresse.



TOKKIE PRESTEER BY MATH BUZZ

‘n Gr. 3-leerling van Laerskool Mooirivier, Janke Rabie, het by die Noordwes Wiskunde Olimpiade wat op 31 Augustus in Klerksdorp gehou is, uitstekend presteer. Sy het silwer medalje vir die Buzz Uitdaag verower en is aangewys was die beste van die beste in die Abakus Wiskunde Vlak 8- uitdaging.

HENGELAAR IN SA-SPAN

Ruhan Joubert, ‘n gr. 7-leerling van Laerskool Mooirivier, is gekies vir die Suid-Afrikaanse o/13A-hengelspan. Die span gaan gedurende die Septembervakansie by Bloemhofdam deelneem.

Hy is ook gekies vir Sentraal Noordwes Varswater Oewerhengel Vereniging se o/19B-hengelspan. Die span gaan in Desember aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelneem. Baie geluk!



GR. 1-WISKUNDIGE

‘n Graad 1-leerling van Laerskool Mooirivier, Nicolene du Preez, het op Saterdag, 31 Augustus aan die Noordwes Math Buzz Wiskunde Olimpiade deelgeneem en die hoogste toekennings ingepalm. Sy spog met die beste prestasie in CAPS-wiskunde sowel as die beste van die bestes vir haar prestasie in Abakuswiskunde. Baie geluk!




 

Laerskool Mooirivier het op 26, 27 & 28 hulle tweejaarlikse revue-optrede in die Sanlam Ouditorium van die NWU gehad.

Meer as 850 leerlinge het aan die optrede deelgeneem. Die revue Tokkie Teatro is aangebied deur Michelle Hendriks (gr. 1 - 3) en Esmie Koornhof en Petro Coetzee (gr. 4 - 7)
   


 

 
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]