...
   

Laerskool Mooirivier is bekend vir sy goeie hokkie. Hier word hokkie vaardighede ontwikkel van Gr. 1 af.

In die derde kwartaal as die seuns krieket speel, speel al ons Gr. 4 – 7 dogters vriendskaplike hokkie-wedstryde teen al die ander Laerskole in ons distrik. Daar word klem gelê op massa-deelname en almal is welkom om te kom speel. Laerskool Mooirivier het ook jaarliks in September maand ‘n massa hokkiedag vir ons eie leerders.

Op Vrydaemiddae word afrigtingsklinieke by die skool aangebied vir alle leerders van Gr. 1 tot Gr. 7.

Ons is baie gelukkig om die volle ondersteuning van die skool se bestuur te kan hê sodat ons leerders goeie keuses kan maak as hulle Hoërskool toe gaan.

 

HOKKIE-TOKKIES WEN DRIE NOORDWESLIGAS

Laerskool Mooirivier het vanjaar in drie van die vier Noordweshokkieligas koning gekraai. Die Do/13A-hokkiespan het Laerskool Brits in die finaal met 5 – 3 oorrompel. Die So/13A, ʼn jong spannetjie met baie min gr. 7’s, het Curro: Klerksdorp in die finaal met 2 – 1 gewen. Die So/13B-span het die gedugte span van Laerskool Baillie Park met 1 – 0 gewen.



Die Do/13A-span was ook die Noordweswenners van die o/14A-hoërskoolliga vir mediumskole.
V.l.n.r. Voor: Marie-Louise van Zyl, Elrie Koornhof, Maarten Jonker, Antonie Labuschagne, Ben Burger en Christiaan Krüger (kapteins van die verskillende spanne)
Agter: Annelize Rostron (Do/13A-afrigter), Stephan Spamer (So/13A-afrigter), Chrizel Jordaan (So/13B-afrigter). Elené van Wyk (So/13B-afrigter: afwesig)

 

ONNIE VAN MOOIRIVIER BLAAS BY OLIMPIESE SPELE
Annelize Rostron, ʼn onderwyser van Laerskool Mooirivier, het die eer te beurt geval om as hokkieskeidsregter vir die Olimpiese Spele in Tokyo gekies te word. Annelize is Mooirivier se Do/13A-afrigter en ook die hokkieorganiseerder by die skool.



 

HOKKIESPAN WEN EDDIE WALKER-TOERNOOI

Die Do/13A-hokkiespan van Laerskool Mooirivier het nie net die o/14A-hoërskoolliga (mediumskole) gewen nie, maar het ook koning gekraai in die Eddie Walker-toernooi wat deur Curro-Klerksdorp aangebied is. Die toernooi is aangebied vanaf 22 – 24 Augustus.


Voor: Nicola van Schalkwyk, Roné Potgieter.
Middel: Timari Jonker, Elrie Koornhof, Christi-Mari Coetzee, Mari-Louise van Zyl, Jahnie van Zyl en Cara Hulley.
Agter: Anzel du Plooy, Angelique van der Westhuizen, Tumé van Niekerk, Annelize Rostron, Alexia Delicado, Mia Hills, Bridgette Holden-Smit.

 

TOKKIES SE O/13A-DOGTERSPAN WEN O/14A-NOORDWESHOëRSKOOLLIGA VIR MEDIUMSKOLE

Laerskool Mooirivier se o/13A-hokkiespan het dit reggekry om weer die o/14A-Noordwes-hoërskoolliga vir mediumskole te wen.


Voor: Timari Jonker, Cara Hulley, Jahnie van Zyl.
Middel: Nicola van Schalkwyk, Roné Potgieter, Anzel du Plooy, Mari-Louise van Zyl, Elri Koornhof, Bridgett Holden-Smit.
Agter: Mia Hills, Alexia Delicado, Christi-Mari Coetzee, Tumé van Deventer, Angelique van der Westhuizen en Annelize Rostron (afrigter).

 

HOKKIEBOKKIES IN NOORDWESSPAN
Ses van Laerskool Mooirivier se hokkiespelers is gekies vir die O/13-Noordwesspan.


Voor: Elri Koornhof, Anzel du Plooy, Bridgette Holden-Smith.
Agter: Mari-Louise van Zyl, Angelique van der Westhuizen en Mia Hills.



SPELERS IN NOORDWESHOKKIESPAN

Antonie Labuschagne en Maarten Jonker is gekies vir die provinsie se o/13-hokkiespan.


 

 
<Terug na Bo>
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]