...
   
Ons Media/Inligtingsentrum het n nuwe baadjie gekry!

Die sentrum bied n uitgebreide biblioteekdiens aan die leerders. Ons skool se kinders word aangemoedig om te lees en daarom het ons ook nou twee keer per week n leesperiode. Die sentrum bied dus bystand tov. leesboeke vir die kinders.

Die sentrum is toegerus met 3 rekenaars wat toegang tot Internet het, asook n swart en wit drukker. Mev Cecilia Marais verleen hulp en verskaf inligting aan die leerders vir hul projekte.

Die kinders mag 3 middae per week en elke pouse die rekenaars gebruik asook Internetsoektogte doen.

Leerders vanaf Gr.4 tot Gr.7 besoek die sentrum per afspraak saam met hul vakonderwysers. Internetsoektogte vind gereeld plaas om die nuutste inligting vars van die rekenaar af te laai.

Ouers moet net asb op die volgende let:
  • Leerlinge mag een boek uitneem vir n leentydperk van twee weke.
  • Boetes sal gehef word vir elke week of gedeelte van n week wat boek laat is. (R1 per week boete).
  • n Verlore of beskadigde boek sal vervang moet word of betaal moet word teen die huidige vervangingswaarde van die boek.
  • Internet mag slegs gebruik word vir navorsing.
  • Geen speletjies mag op die rekenaars gespeel word nie.

Tye van sentrum:

Dinsdae - 13:30 tot 15:00

Woensdae - 13:30 tot 15:00

Donderdae - 13:30 tot 15:00

Elke pouse behalwe Vrydae tweede pouse.

Vir enige navrae kan u Cecilia Marais kontak

Die Tokkies geniet die opvoedkundige

DVD's in die skool se mediasentrum. Leerders vanaf Gr. R tot Gr. 3 besoek die sentrum weekliks vir boekopvoeding, stories en poppekasvertonings.

Dianie Enslin
Gr. 6 Engels en Media

 

       
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]