...
     
Ons netbal is van hoogstaande gehalte. Ons het A,B,C en D spanne in elke ouderdom van o/9 tot 0/13. Ons doen ook vaardigheidsontwikkeling in Gr. R, Gr. 1 en Gr. 2.

Ons het jaarliks 2 massa netbaldae waartydens alle dogters netbalwedstryde teen mekaar speel. Dit is vir baie dogters ‘n jaarlikse hoogtepunt. Daar is ligas vir die o/9 tot o/13 A en B spanne. Spesiale wedstryde word gereël teen kleiner skole vir die C en D spanne, omdat die meeste skole in die omgewing net voorsiening maak vir A en B spanne.

Die A spanne neem deel aan die Super 12 kompetisie en ons o/10A’s was 2008 se Super 12 kampioene. Die o/12A en o/13A spanne was hierdie jaar naaswenners.

Die o/13A span is op ons provinsiale kampioenskappe as die Noordweskampioene gekroon.

Van die 16 afrigters is 13 gekwalifiseerde skeidsregters. Ons is ook bevoorreg om die kundigheid van die NW Universiteit op ons voorstoep te hê en woon gereeld afrigtingskursusse by.

By Laerskool Mooirivier is die holistiese ontwikkeling van al ons dogters baie belangrik. Daarom gee ons geleentheid aan uitnemendheid vir ons A en B spanne as ook die kans vir ontwikkeling vir elke ander dogter.
 
TOKKIE SE O/13A-NETBALSPAN IS NOORDWESKAMPIOENE

Laerskool Mooirivier se o/13A-netbalspan is die Noordweskampioene.


Voor: Christi-Mari Coetzee, Angelique van der Westhuizen.
Agter: Hesrie van Wyk, Mia Hills, Mariné Jacobs, Menke van den Berg, Amorie Loots, Emma Fourie, Alexia Delicado en Martie Schoonwinkel (afrigter).

 

TOKKIES IN NOORDWESNETBALSPANNE

Vier netbalspelers van Laerskool Mooirivier is gekies vir die provinsie se o/12 en o/13-netbalspanne.


V.l.n.r. Alexia Delicado, Christi-Mari Coetzee, Angelique van der Westhuizen en Twayn Maartens.

 

MOOIRIVIER SE NETBALSPAN NAASWENNERS IN SUPER 12-KOMPETISIE

Die o/10A-netbalspan van Laerskool Mooirivier is die naaswenners van die Super 12-liga.


Voor: Elize Jansen van Rensburg, Lehani Vorster, Timari Jonker, Zietske Brits, Lijanke Mostert.
Agter: Danél Heineman, Anke Jacobs, Carmien Coetzee, Anke Garbers.



NETBALSPAN VYFDE IN SUID-AFRIKA


Laerskool Mooirivier se o/12A-netbalspan het gedurende die naweek van 26 – 27 Julie in Bloemfontein deelgeneem aan die SA-kampioenskappe. Die span het hulle staal gewys en vyfde geëindig van al die o/12-netbalspanne in die land. Interessant om op te merk dat 4 van die 5 spanne wat bo-aan die puntelys geëindig het, Super 12-skole is. Die wenspanne was Wierdapark, Menlopark, Garsfontein, Vastrap en dan Mooirivier.



Die spanlede is:
Voor: Hesrie van Wyk, Mia Hills, Martie Schoonwinkel (afrigter), Alexia Delicado, Angelique van der Westhuizen
Agter: Mariné Jacobs, Amorie Loots, Christi-Mari Coetzee, Ménke van den Berg.


 

NETBALSPAN VYFDE IN SUID-AFRIKA

Laerskool Mooirivier se o/12A-netbalspan het gedurende die naweek van 26 – 27 Julie in Bloemfontein deelgeneem aan die SA-kampioenskappe. Die span het hulle staal gewys en vyfde geëindig. Interessant om op te merk dat 4 van die 5 spanne wat bo-aan die puntelys geëindig het, Super 12-skole is. Die wenspanne was Wierdapark, Menlopark, Garsfontein, Vastrap en dan Mooirivier. Martie Schoonwinkel is die afrigter van die span.



Voor: Hesrie van Wyk, Mia Hills, Martie Schoonwinkel (afrigter), Alexia Delicado, Angelique van der Westhuizen.
Agter: Mariné Jacobs, Amorie Loots, Christi-Mari Coetzee, Ménke van den Berg.


 

 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]