...
   

Skaak is besig om n hoogtepunt te bereik by Laerskool Mooirivier. Dit vind plaas onder leiding van die passievolle en kundige kennis van oom Chris Greyling.

Oom Chris het begin om weer aan skaak n nuwe dimensie te verskaf in die Potchefstroom-area. Elke Woensdag word n Junior klas (GR. 1 tot 2) en daarna n Senior klas (Gr 3-7), op die skoolgronde aangebied. Ons neem ook gereeld deel aan toernooie, net om ons kennis op die proef te stel.

Hierdie klasse is sowaar iets wat jy nie moet misloop nie.

 
Dewald Coetsee, 'n leerling van Laerskool Mooirivier, is gekies vir die Tshwane A-span wat vanaf 3 tot 7 Januarie 2020 aan die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskap gaan deelneem.


 

MOOIRIVIER SE SENIORSKAAKSPAN WEN BRONS BY SUPER 12-KOMPETISIE
Laerskool Mooirivier se seniorskaakspan het derde gekom in die Super 12-kompetisie. Daar het 24 vooraanstaande skaakspelende skole aan die kompetisie deelgeneem.
 


Voor: Christiaan Mostert, Francois van Vuuren, Catherine Ellis, Matthys van Straaten, Dewald Coetsee, Gustav Terblanche.
Agter: Marlu du Preez, Pieter-Jacques du Toit, Frederik van der Westhuizen, Markus Lloyd, Anne-Marie van der Westhuizen.


TOKKIES BESTE BORDSPELERS BY SUPER 12-KOMPETISIE

Vier skaakspelers is tydens die Super 12-kompetisie aangewys as die beste bordspelers.

 


V.l.n.r. Petrus van Straaten, Catherine Ellis, Danil van Romburgh, Heinrich Fouche.

 


 

 
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]