...
   
Ons is gesteld daarop dat ons leerlinge in netjiese skooldrag geklee sal wees, maar ons het ook begrip vir gevalle waar dit nie moontlik is nie.

Alle kledingstukke moet gemerk word.Die leerling se naam en van moet ook aan die binnekant van elke skoen met 'n permanente merkpen geskryf word.

Die skool se klerebank is Dinsdae en Donderdae vanaf 07:15 tot 08:00 oop. Die klerebank se ingang is by die agterste deur aan die noordekant van die saal (by die juniornasorg). Klere kos nou R30 per item. Baie dankie aan Mari Strydom wat die verlore klere wat nie opgeŽis word nie, was en netjies maak vir die klerebank.

   
Die dogters se skooldrag:  
 
  • Die dogters mag slegs bottelgroen of goudkleurige haarlinte, balletjies of haarbande dra.
  • Sieroorkrabbertjies word nie toegelaat nie, slegs goue of silwer knoppies of klein ringetjies is toelaatbaar.
  • Die dogters kan in die somer kaalvoet die skool bywoon, maar wit sokkies of swart sykouse en swart skoolskoene is in die wintermaande verpligtend.
  • Die gr.7 dogters moet skoolskoene dwarsdeur die jaar dra.
Somer:
  • Bottelgroen skoolrok met geel bloes.

Winter:
  • Bottelgroen skoolrok met langmou geel bloes met / sonder 'n skooldas / bottelgroen polonek hemp.
  • 'n Sweetpakbaadjie kan daarby gedra word.
  • Skoolsweetpakke mag ook gedra word met 'n geel hemp en swart skoolskoene.
   
Seuns se skooldrag:  
   
Somer:
  • Kortmou grys hemp en broek.

 

Winter:
  • Grys langbroek, langmou grys hemp met of sonder 'n skooldas / bottelgroen polonek hemp.
  • 'n Sweetpakbaadjie, windjakker, skooltrui kan daarby gedra word.
  • Swart skoolskoene en grys sokkies moet saam met langbroeke gedra word.
  • Skoolsweetpakke mag gedra word met grys hemp en swart skoolskoene.
 

Skooldrag beskikbaar by die volgende leweransiers

 
AK SPORT & LEISURE
Lombaardstraat 49 (langs Dada Motors)
Tel: (018) 297-7860
GLOTRON
 
   
SSSkooldrag (Suzette Noome)
H/v Rivierstraat en Stilstraat
Tel/Fax: (018) 297-6543
 
   
   
 
 

U kan gerus ook die skool se klerebank besoek.
Hier kan u goeie gebruikte skoolklere teen 'n appel en 'n ui aanskaf en sodoende ook die skoolfonds versterk.

Kontak die kantoor vir meer inligting (018) 293-0309

       
<Terug na Bo>
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]