...
     

Leerders van Laerskool Mooirivier kan binne en/of buite skoolverband swem. Hoogtepunte op die swemkalender is die Prestige swemgala gedurende die eerste kwartaal asook die jaarlikse skoolgala en Super 12-Laerskole swemkompetisie, wat gedurende die laaste kwartaal plaasvind.

TOKKIES WEN SUPER 12-KOMPETISIE VIR DIE EERSTE KEER IN GESKIEDENIS

Laerskool Mooirivier het nie Ďn swembad nie, maar kan darem spog as die beste swemskool in Noordwes en in die Super 12-kompetisie. Op Saterdag, 12 Oktober het die skool se swemspan aan die Super 12-kompetisie deelgeneem. Die dogterspan en seunspan het daarin geslaag om waterdruppels in hulle opponente se oŽ te skop. Altwee die spanne het die spankompetisie gewen. Die skool is ook die gesamentlike Super 12-swemskole kampioen.

VroeŽr vanjaar het Laerskool Mooirivier se swemmers ook die Noordwes- Skolespankompetisie gewen. Baie geluk aan al die Tokkies, hulle onderskeie afrigters, ouers en die skool se swemorganiseerder, Erma Loggenberg.

Op die foto word die vreugde gevier deur die swemmers, die skool se bestuurspan en die organiseerder.



 

LAERSKOOL MOOIRIVIER NOORDWES LAERSKOLE SKOLE SWEMKAMPIOEN

Laerskool Mooirivier se swemspan het op 1 en 2 Februarie aan die Noordwes Laerskole swemkampioenskap by die Dam Oord deelgeneem en gewen. Die skool het in 2015 laas die swemtrofee omhoog gehou. Vanjaar het die Tokkies weer daarin geslaag om water in al die Noordwesspanne se oŽ te laat spat en papsopnat druipstert huis toe te stuur.

Die swemmers is lede van verskillende swemklubs in Potchefstroom. Die volgende swemmers het almal goue medaljes by die Noordwes Laerskole Swemkampioenskap verower:
 


Heelvoor: Malan Jacobsz met die Noordwes Laerskole Swemkampioentrofee
Middel: Erma Loggenberg (organiseerder), Xandri Palmer, JoŽ Kriek, Alexia Delicado, Tumť van Niekerk.
Agter: Michael Bernardo, Ruan van Niekerk en Pieter-Jacq du Toit.


Die swemmers het silwer medaljes by die Noordwes Laerskole Swemkampioenskap behaal.



Heelvoor: Malan Jacobsz met die Noordwes Laerskole Swemkampioentrofee
Middel: Erma Loggenberg (organiseerder), Xandri Palmer, JoŽ Kriek, Alexia Delicado, Tumť van Niekerk.
Agter: John-Thomas Botha, Schalk de Vos, en Pieter-Jacq du Toit.

 

TOKKIES PRESTEER BY CURRO-SWEMGALA IN KLERKSDORP

Die Tokkies het op Donderdag, 14 Februarie aan die Curro-gala deelgeneem en pragtig presteer. Die swemmers op die foto is almal aangewys as die beste swemmers in hulle ouderdomsgroepe.
 


Voor: Irma Kotze
Middel: Malan Jacobsz, Alexia Delicado, JoŽl Kriek, Michael Bernardo.
Agter: Victor Scheepers, Inneke Liebenberg en Egbert Palmer.

MOOIRIVIER SPOG MET SWEMTROFEE

Laerskool Mooirivier se swemmers het tydens die Curro-Swemgala wat op Donderdag, 14 Februarie by Curro in Klerksdorp plaasgevind het, weggestap met die wentrofee. Die Tokkiespan het die byeenkoms gemaklik gewen. Alexia Delicado (swemkapteine) en JoŽl Kriek (swemkaptein) spog hier met die wentrofee.

 

 
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]