Atletiek
Mooirivier Huissport
Laerskool Mooirivier hou elke jaar op die eerste Vrydag, na skole geopen het, hulle jaarlikse huissport waar die vier bokspanne naamlik, die Koedoes, Impalas, Duikers en Steenbokke teen mekaar meeding.
Na die byeenkoms word die trofeë-wenners in die saal aangekondig asook die beste atlete in elke item wat bo 500 punte behaal het.
Die laaste Saterdag in Januarie bied ons ook die Mooirivier Prestige atletiek byeenkoms aan waar skole in die omgewing asook buurdorpe kom deelneem.
Laerskool Mooirivier bied ook jaarliks in Oktober die Super 12-atletiekbyeenkoms by die NWU McArther stadion aan.
Mooirivier staan ook nie terug as dit kom by SA-medaljewenners nie en het in die afgelope paar jaar al vele medaljes ingepalm.
Ons Tokkie-atlete dra hulle klere met trots, want ONS KAN.
Sporthoofde
Mnr. Cilliers du Toit, Me. Willemien van der Linde en Mnr. Stephan Spamer
Vir meer inligting rakende Atletiek, kontak gerus die skool:
018 293 0309