Bybelvasvra

Die Bybelvasvra is die akademiese sport van Laerskool Mooirivier. Graad 6- en gr.7-leerders neem hieraan deel. Tans bestaan die spanne uit vier lede elk. In elke span is twee leerders wat gedeeltes uit die Ou Testament en twee leerders wat gedeeltes uit die nuwe testament bestudeer.

Ons neem op Nasionale vlak hieraan deel. Die Rapportryerbeweging bied dit aan. Die eerste twee rondtes vind in die verskillende streke van die land plaas gedurende Mei en Augustus. Die finale rondte is slegs vir die Top 10 skole in die land en vind in Oktober plaas. Nog elke jaar was Laerskool Mooirivier deel van die skole Top 10 in die land. Ons neem ook deel aan die Super-12-Bybelvasvra in Augustus.

Vir die leerders is dit nie net ‘n leerervaring nie, maar ook ‘n onvergeetlike lewenservaring.

 

Kultuurhoofde

Me. H. Krüger en Me. R. Loest

 

Vir meer inligting rakende Bybelvasvrae, kontak gerus die skool:

info@lsmooirivier.co.za

018 293 0309