Erkenningsfunksie

Laerskool Mooirivier bied elke jaar ‘n spog Erkennings geleentheid aan by die NWU se Sanlam Ouditorium.  Die aand word in drie sessies aangebied.  Elke leerder kry erkenning, al het hul slegs deelgeneem.

Sessie 1 – Gr 1-3
Sessie 2 – Gr 4-5
Sessie 3 – Gr 6-7

Die sport- en kultuurtrofeë tydens die erkenningsfunksie word slegs toegeken aan gr. 7-leerlinge.

Die sporttrofeë (beste sportseun en -dogter) word toegeken aan gr. 7’s wat die beste presteer het in ‘n wye verskeidenheid skole sportsoorte.

Die kultuurtrofeë (kultuurseun en –dogter) word toegeken aan die gr. 7’s wat die beste presteer het aan ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite wat deur die skool ondersteun word. Die aktiwiteite sluit slegs die volgende in: Voortrekkers, redenaars (Super 12, ATKV, Radikaal), revue, seniorkoor, algemene kennis, NW-kinderkoor / jeugkoor / jeugorkes en Bybelvasvra.