Gholf

Gholf

Laerskool Mooirivier kies jaarliks ‘n Gholfspan wat deelneem aan die Super 12 toernooi, asook deelneem aan die Noordwes-Liga. Hoewel hierdie sport nog relatief jonk is in vergelyking met van die ander buitemuurse aktiwiteite, het ons spanne hul staal gewys en al by verskeie geleenthede en toernooie ons baie trots gemaak.

 

Bo:

Hierdie seuns het die 30ste Mei 2021 deelgeneem aan die Noordwes Uitspele vir die jaarlikse Ernie Els Toernooi te Potchefstroom Landbou Kollege.  Dit was ook die Potchefstroom Landbou Junior Ope gewees. Ons seuns het Laerskool Mooirivier trots verteenwoordig en ‘n algehele 4de plek behaal, nadat die tellings bymekaar getel is.

Vlnr:

Jahndré Coetzee, Righardt Joubert, Mnr. Cilliers du Toit, Bennet Keet en Liam Coetzee.

 

Sporthoof

Mnr. H. Labuschagne

 

Vir meer inligting rakende Gholf, kontak gerus die skool:

info@lsmooirivier.co.za

018 293 0309