Gholf

Laerskool Mooirivier kies jaarliks ‘n Gholfspan wat deelneem aan die Super 12 toernooi, asook deelneem aan die Noordwes-Liga. Hoewel hierdie sport nog relatief jonk is in vergelyking met van die ander buitemuurse aktiwiteite, het ons spanne hul staal gewys en al by verskeie geleenthede en toernooie ons baie trots gemaak.

Sporthoof

Mnr. Janko Barnard

 

Vir meer inligting rakende Gholf, kontak gerus die skool:

info@lsmooirivier.co.za

018 293 0309