Ons is trots om te sê dat Laerskool Mooirivier vanaf 2021 oor ʼn hulpsentrum beskik. Ons beskou die hulpsentrum as essensieel in die proses van opvoeding en onderrig. Wanneer leerders emosionele of fisiese probleme ervaar, kom dit tot uiting op sosiale en akademiese gebied.
Die hulpsentrum verskaf tydens skoolure hulp en ondersteuning aan leerders in die vorm van remediërende onderrig, skolastiese evaluasies, berading, algehele emosionele bystand, asook motoriese en spraak assessering, -hulpverlening en -ontwikkeling.
Die hulpsentrum funksioneer vanuit ʼn aanmeldingsisteem en behaal groot sukses in samewerking met verskeie terapeute en kundiges.