Klasindelings

Al die klasse vanaf graad 1 tot 7 word heterogeen ingedeel, d.w.s. begaafde en minder begaafde leerlinge is saam in een klas gegroepeer.

Ons glo dat so ‘n indeling die mees lewensgetroue indeling is. Die vraag wat dikwels gevra word, is of sterker leerlinge nie hierdeur gerem word nie. Hiervoor maak ons voorsiening deur ons onderwysers so te individualiseer dat sterker leerlinge meer en ingewikkelder / verrykende werk doen as ander – dus elkeen ontwikkel volgens sy eie vermoë.

Elke klas vanaf graad 1-3 bestaan uit 5 klasse, dit wil sê tussen 25 – 28 leerlinge per klas. Elke klas vanaf graad 4-7 bestaan uit 4 klasse, met 28-34 leerlinge per klas.