Leierstelsel

Elke leerling vanaf gr.1 – 7 kry ook gedurende die jaar die geleentheid om as klasleier op te tree.

Gedurende kwartaal 4 van elke jaar word daar ‘n gr.6-leierskamp gehou waar leierskapontwikkeling en -identifisering plaasvind.

Die medialeiers word ook uit gr.6-leerders gekies. Hulle kry deur die jaar geleentheid om verantwoordelikheid in die Mediasentrum te neem.

Al die gr.7-leerlinge kry by Laerskool Mooirivier die geleentheid om hulle leierskap potensiaal te ontwikkel, deurdat hulle in kwartaal 1, 2 en 3 as skoolleiers optree.

Die hele gr.7-groep word in vyf groepe verdeel.

Die groepe roteer die eerste drie kwartale tussen die volgende aktiwiteite:

  • Terreinleiers
  • Saalraad
  • Skolierpatrollie
  • Klastoesig
  • Snoepiediens

Daar word elke kwartaal twee hoofleiers vir elke gr.7-voogklas aangewys. Aan die einde van die derde kwartaal word die finale leiers gekies, d.m.v. ʼn verkiesingsproses. Die jaar se amptelike hoofleiers word dan verkies vir die laaste kwartaal.

Hierdie finale leiers neem dan verantwoordelikheid vir skolierpatrollie, saalraad, terreinleiers, klastoesig en snoepiediens onder leiding van die hoofleiers tydens die 4de kwartaal.