Mediasentrum

Mediasentrum / Inligtingsentrum

Die sentrum bied ‘n uitgebreide biblioteekdiens aan die leerders. Ons skool se kinders word aangemoedig om te lees en daarom het gr.1-7 ook nou een keer per week ‘n leesperiode. Die sentrum bied dus bystand t.o.v. leesboeke vir die kinders.

Die sentrum is toegerus met 'n rekenaar wat toegang tot Internet het, asook ‘n swart en wit drukker. Me. Marelise de Beer verleen hulp en verskaf inligting aan die leerders vir hul projekte.

Die kinders mag 2 middae per week en elke pouse die sentrum gebruik asook Internetsoektogte doen vir skooltake.

Ouers moet net asb. op die volgende let:

  • Leerlinge mag twee boeke uitneem vir ‘n leentydperk van twee weke. (Een Afrikaans en een Engels.)
  • Boetes sal gehef word vir elke week of gedeelte van ‘n week wat boek laat is. (R10 per week boete.)
  • ’n Verlore of beskadigde boek sal vervang moet word of betaal moet word teen die (huidige R150) vervangingswaarde van die boek.
  • Internet mag slegs gebruik word vir navorsing van skoolprojekte.
  • Geen speletjies mag op die rekenaar gespeel word nie.

Tye van sentrum:

  • Dinsdae – 14:00 tot 14:30
  • Woensdae – 13:30 tot 14:00
  • Donderdae – 13:30 tot 14:30
  • Elke pouse, behalwe Vrydae.
    • Eerste pouse gr.4 en 5 leerders
    • Tweede pouse gr.6 en 7 leerders

Die Tokkies geniet die opvoedkundige DVD's in die skool se mediasentrum. Leerders vanaf gr.1 tot gr.3 besoek die sentrum weekliks vir boekopvoeding en stories. Ons doen ook leesoefeninge en klankherkenning saam.

 

Vir meer inligting rakende die Mediasentrum, kontak gerus die skool:

info@lsmooirivier.co.za

018 293 0309