Mini Netbal

Mini Netbal

Mini-netbal is ‘n belangrike bousteen vir netbal. Laerskool Mooirivier se doelwit is om basiese vaardighede, genot en liefde vir die spel by dogters te ontwikkel. Reeds vanaf graad R word daar aandag gegee aan die volgende aspekte van ontwikkeling:

  • Hand-oogkoördinasie, voetwerk en liggaamsbeheer
  • Tegnieke van aanvallende en verdedigende spel
  • Fiksheid en uithouvermoë
  • Ontwikkeling van selfvertroue en sosialisering
  • Vinnige en kreatiewe denke

Ons bied wedstrydgeleenthede aan om alle belangstellendes blootstelling te gee. Daar word geen telling gehou tydens wedstryde nie en posisies word geruil om ʼn verskeidenheid van posisies vir elke deelnemer aan te leer.

 

Sporthoofde

Me. E. J v Rensburg, Me. L. Breed en Me. L. Labuschagne

 

Vir meer inligting rakende Mini Netbal, kontak gerus die skool:

info@lsmooirivier.co.za

018 293 0309