Netbal
Laerskool Mooirivier se netbal is van hoogstaande gehalte en word met passie afgerig en daardeur presteer ons spanne tot op die hoogste vlak. Ons het A,B en C spanne in elke ouderdomsgroep en ligaspanne neem deel vanaf o/11 tot 0/13. Spesiale wedstryde word gereël teen kleiner skole vir die C-spanne aangesien die liga slegs voorsiening maak vir A en B-spanne.
Ons lewer elke jaar bo-gemiddelde netbalprestasies waarop ons baie trots is. Spanne vaar deurlopend so goed tydens die liga dat ons buite provinsiale grense gaan deelneem aan toernooie soos die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi, Super 12, Menlopark toernooi en die Noordwes Kampioenskappe. Die o/13A-span is tydens 2019 op die Noordwes kampioenskappe as die Noordweskampioene gekroon en op die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi as SA naaswenners aangewys!
Ons is bevoorreg om die kundigheid van die NWU op ons voorstoep te hê en woon gereeld afrigtingskursusse by sodat ons met die nuutste vaardighede en denke, verder kan uitbou aan ons suksesse. Die afrigters is toegewyd om hul kennis van netbal aan elke netbalspeler by Tokkies oor te dra, om elke speler se vaardighede te ontwikkel en om sinvolle en genotvolle afrigtingsessies aan te bied. Van die 17 afrigters is 14 gekwalifiseerde skeidsregters en 2 skeidsregters is in 2021 as Provinsiale skeidsregters vir die SA All Ages toernooi aangewys.
Op individuele vlak presteer ons spelers verder deurdat hulle in provinsiale spanne opgeneem word, om ook daar ons skool se naam hoog te hou. Laerskool Mooirivier spog vanjaar met 3 provinsiale spelers in onderskeidelik die o/12 en o/13 ouderdomsgroepe.
Sporthoofde
Me. Lizanne Breed en Me. Lune Labuschagne
Vir meer inligting rakende Netbal, kontak gerus die skool:
018 293 0309