Jaarliks neem ons skool ook deel aan die ATKV en Super 12-kompetisies. In September word daar uitdunne per graad gehou om sodoende die leerders te kies wat aan die ATKV en Super 12-kompetisies van die volgende jaar moet gaan deelneem.
Daar word altyd in September aan al die Tokkies die geleentheid gegee om deel te neem aan die skoolredenaars. Hulle maak gebruik van die temas wat deur ATKV bepaal word. Hulle verteenwoordig dan die skool die volgende jaar by die ATKV en Super 12. Ons skool spog ook met Graad 7-Spanredenaars, wat baie pret is. Ons maak van buite-skrywers gebruik. Ons wil graag aan nog ATKV aktiwiteite deelneem deur die jaar soos bv. ATKV Digi-Spanpraat!!
Kultuurhoofde
Me. M. Nagel en Me. B. Aucamp
Vir meer inligting rakende Redenaars, kontak gerus die skool: