Rekenaarsentrum

Laerskool Mooirivier beskik oor ‘n goed toegeruste rekenaarsentrum met baie interessante opvoedkundige programmatuur. Ons skop 2021 af met die nuutste 123 Slim Opvoedkundige reeks sagteware.
Die programme waarmee ons werk is baie visueel stimulerend en interaktief. Hier leer die leerders deur om te speel!
Wat behels die 123 Slim Suite wat spesiaal geformuleer is vir laerskole soos Laerskool Mooirivier?
123 Slim Suite is die mees omvangryke Afrikaanse sagteware produk in Suid Afrika wat vanaf voorskoolse kleuters tot graad 7 akkommodeer. Die program reeks speel af in ‘n pret belaaide klimaat met ‘n opvoedkundige benadering.
Elke speel- en leerprogram stel die leerder in staat om sy persoonlike beste te lewer, wat weer uitdagings stel om die oefeninge te voltooi terwyl die leerder die spel positief benader en dit baie geniet. Elke leerder het sy eie profiel en onderwysers kan elke leerder se vordering afsonderlik monitor.
Hierdie sagteware is geskik vir alle hoofstroom leerders wat in die proses is om hul fundamentele leervaardighede te ontwikkel en toe te pas asook om hul konsentrasie vlakke te verhoog. 123 Slim suite is ook ideaal vir die gebruik van remediëring by leerders met leer en lees probleme of wat nie syfervaardig is nie.
Die 123 Slim Suite is uiters effektief van grondslagfase tot intermediêr- en seniorfase met:
- Wiskunde
- Lees
- Spelling
- Maaltafels
- Kreatiwiteit
- Geheue
- Denke
- Probleemoplossings
- Konsentrasie
Al die leerlinge van gr.1 tot 6 ontvang weekliks onderrig in Afrikaans, Engels en Wiskunde in die rekenaarsentrum.
Personeel betrokke:
Mnr. S. Spamer – Gr 6
Mnr. H. Labuschagne – Gr 4 en 5
Klasonderwysers Gr 2 en 3