Skoolfonds

Laerskool Mooirivier is ‘n openbare skool.

Dit bring onder andere mee dat ouers deur wetgewing verplig word om skoolgelde te betaal.

Skoolgeld word gereeld aangepas om tred te hou met die inflasiekoers. U kan by die kantoorpersoneel / fasiliteerders uitvind wat behels die skoolgeld.

Die skoolgeld kan eenmalig, oor tien maande, in twee of vier gelyke paaiemente vereffen word.

Skoolgeld moet teen 31 Oktober 2022 ten volle vereffen wees.

 

Skoolgeld vir 2022:

  • Gr.1-6 – R10 560  (R960 per maand) per leerling oor 11mnde
  • Gr. 7   – R13 970, Gr7 toer en afsluiting van R3410 ingesluit (betaalbaar oor 11 maande, R1 270)

Nasorg vir 2022:

  • R5500 (Betaalbaar oor 11 maande, R500)