Super 12

Laerskool Mooirivier neem jaarliks sedert 2010 deel aan die Super 12-kompetisie wat 14 sport- en kultuuraktiwiteite insluit.

Die kompetisie strek oor die Noordelike provinsie.

Alhoewel ons getalle heelwat minder is as die meeste skole in die kompetisie, staan ons Tokkies nie ʼn tree terug vir die ander skole nie en behaal jaarliks uitstekende prestasies.

 

Kultuuraktiwiteite waaraan deelgeneem word sluit in:

  • Algemene kennis
  • Bybelvasvrae
  • Koorsang
  • Redenaars


Skole wat huidiglik deel vorm van die Super 12:

Constantia park; Hennopspark; Stephanus Roos; Elardus Park; Menlopark en Wierdapark (Gauteng Noord)

Kenmare; Helderkruin; Fontainebleau (Gauteng Suid)

Kruinsig; Orion; Randhart; Kollegepark; Van Riebeeckpark (Gauteng Oos)

Pietersburg; Pietersburg-Oos; Tzaneen (Limpopo)

Goedehoop; JJ van der Merwe; Middelburg (Mpumalanga)

Rustenburg; Vastrap; Saamtrek en Mooirivier (Noordwes)