Swem

Ons is baie trots op ons Tokkie-skaak, wat onder leiding van die passievolle en kundige kennis van oom Chris Greyling, by Laerskool Mooirivier aangebied word.

Oom Chris neem elke Maandag van 13:30-14:30 die gr.3-7 spelers vir skaaklesse.

Dinsdae vanaf 13:00-14:00 word die gr.1 en 2 spelertjies bederf met oom Chris se individuele aandag.  Hulle is altyd opgewonde oor hul skaaklesse en is ywerig om die spel met al sy tegnieke baas te raak.

Ons het uiters talentvolle spelers en neem jaarliks aan die Super 12 skaak in Pretoria deel.  Later in die jaar neem ons in spanne deel, aan die skole-skaak ligas.

Die spelers wat uitblink is egter die wat aan al die individuele-toernooie deelneem.

Vir meer inligting daaromtrent kan u gaan kyk op Dr. Kenneth Kaunda se webtuiste www.dkkchess.co.za of epos vppotch@dkkchess.co.za

Kom oefen saam, ons skaakklasse is sowaar iets wat jy nie moet misloop nie!

 

Sporthoofde

Me. M. de Beer en Me. L. Smit

 

Vir meer inligting rakende Skaak, kontak gerus die skool:

info@lsmooirivier.co.za

018 293 0309