Voortrekkers

Weeklikse omsendbrief

Eksamen Rooster

Aansoekvorms

Graad 1's

Rep en Roer Kleuterskool

Voortrekkers

Kom sluit aan by die Voortrekkers…..

Wie is ons?

Die Voortrekkers is ‘n Christelike Afrikaner Jeug beweging wat steeds ten doel het om kinders se leierskappotensiaal en karakter te ontwikkel. Enige iemand is welkom wat bereid is om hom of haarself met die Afrikaner kultuur, taal en Christelike karakter van die Voortrekkers te vereenselwig. Spanne is ingedeel per Grade, soos op skool en vir elke span is daar ‘n volwasse spanoffisier. Spanne kan wissel in grootte van 4 tot meer as 20 kinders.

Wat doen ons? 

Behalwe vir weeklikse spanbyeenkomste, het ons ook gereelde kampe (spankampe, Kommandokampe en Gebiedskampe) asook Kentekendae, waar spesiale vaardighede aan die kinders geleer word.

Wanneer en Waar? 

Spanbyeenkomste vir Laerskool kinders (Penkoppe en Drawwertjies) vind plaas op Maandae van 4nm tot 5nm. Gewoonlik op Laerskool Mooirivier se gronde tensy anders gereël.

Hoeveel kos Lidmaatskap? 

Die Ledegeld vir 2013 is eenmalig R475 vir die jaar.
Vir alle kampe en Kentekendae word apart betaal.

Hoekom sou my kind baat by die Voortrekkers ? 

Alle ouers wat wel in die Voortrekkers was sal onthou hoeveel pret ‘n mens gehad het en hoeveel ‘n mens self geleer en gegroei het. Op alle kampe asook spanbyeenkomste word daar altyd gepoog om die kinders deur opwindende maniere te leer van vele dinge. Spesiale kennis en vaardighede word in spanverband aangeleer.

Dan is daar ook ‘n groot verskeidenheid kentekens waardeur verskillende vaardighede ontwikkel word, byvoorbeeld:

  • Lekker Sing
  • Kind van Jesus
  • Tuinier
  • Veldkook
  • Taalpret
  • Dierewaarneming
  • Fietsry
  • Handwerk
  • Versamelkuns
  • Paraatheid
  • Spoorkennis

Om maar net ‘n paar te noem.

Kontak persoon in Potchefstroom: Leonard Haasbroek (Dagbestuurslid) 082-545-4321
Vir algemene inligting: http://www.houkoers.co.za/DieVoortrekkers.aspx

 

 

 

Kontak Ons
(018) 293-0309
(018) 293-0325
info@lsmooirivier.co.za
h/v Esselenstraat en Thabo Mbeki-Rylaan