





Previous
Next
Welkom by Laerskool Mooirivier
Visie
Laerskool Mooirivier wil kinders met liefde en deernis opvoed om hulle volle potensiaal in die wêreld te verwesenlik en om ʼn leidende rol op akademiese, kulturele en sportgebied te speel.
Missie
Laerskool Mooirivier is ʼn Afrikaanse openbare skool, wat daarna streef om op ʼn holistiese manier kwaliteit onderrig en ontwikkeling aan leerders te verskaf.
Dit moet bereik word deur :
- Kinders ongeag geslag, taalvoorkeur of herkoms altyd menswaardig te behandel.
- Afrikaans as onderrigmedium te gebruik.
- Engels as eerste addisionele taal vanaf gr. 1 tot 7 te onderrig.
- Setswana as tweede addisionele taal stelselmatig vanaf gr.1 by die onderrigplan in te sluit.
- Roepingsbewuste onderwysers aan te stel en te ontwikkel.
- Waar enigsins moontlik en prakties haalbaar, die jongste tegnologie in te span om onderrig te verbeter.
- Die handhawing en uitbouing van bestaande waardes, norme en standaarde en die uitlewing daarvan op alle gebiede.

901
Leerlinge

12
Sportsoorte

45
Personeel
