Veiligheid van Leerders

Alle besoekers moet tydens skoolure (07:30 – 13:40) by die kantoor aanmeld. Skoolhekke sluit om 07:30 en die groot hek open om 12:55.

Geen leerder mag die skoolterrein sonder toestemming verlaat nie.

Kinders kan net deur hul ouers gedurende skoolure by die kantoor uitgeteken word. Indien ‘n ander persoon as die ouer self ‘n kind kom afhaal word slegs ‘n skriftelike versoek oorweeg.