Skoolreëls is daar vir elke leerling se persoonlike veiligheid en vir goeie skooldissipline!
Elke leerling moet 'n netjiese en stewige skooltas besit. Geen rugsakke word toegelaat nie.
Alle voetgangers en fietsryers moet van die skolierpatrollie oorgange gebruik maak.
Geen leerling mag die skoolterrein tydens skooltyd verlaat sonder die hoof se toestemming nie.
Elke leerling moet soggens betyds vir die skool wees.
Geen leerling mag die skoolterrein verlaat voordat die verdaagklok gelui het nie.
Leerlinge in die Junior Primêre Fase moet by die wag klas aanmeld indien hulle nie onmiddellik die skoolterrein verlaat nie.
Geen skoliere mag na ure sonder toestemming op die skoolterrein speel nie.
Alle leerlinge wat van busvervoer gebruik maak, moet die busse skoon en netjies hou en so optree asof hulle binne 'n klaskamer is.
Alle busleerlinge moet binne die skoolterrein wag totdat die bus gestop het.
Daar is slegs vir 30 minute nadat 'n kultuur- of sportbyeenkoms geëindig het, toesig deur die onderwysers. Die leerlinge se veiligheid is daarna nie meer die skool se verantwoordelikheid nie.
Geen leerling sal deur die onderwysers na bushaltes/ huurmotorstaanplekke/ woonhuise vervoer word nie.
Geen wapens, tabakprodukte, voorbehoedmiddels, pornografiese lektuur, alkoholiese drank of dwelmmiddels mag binne die skoolterrein gebring word of in die besit wees van 'n leerling nie.
Die gebruik van kougom op die skoolterrein of in skool- en sportdrag word ten sterkste verbied.
'n Leerling wat hom / haar skuldig maak aan diefstal, sal dissiplinêre optrede moet verwag asook 'n aanmelding by die SAPD.
Geen leerling mag sonder toestemming in die administratiewe kantore, personeelkamer, saal, mediasentrum of rekenaarsentrum wees nie.
Enige skade berokken aan geboue, apparatuur of programmatuur sal van die betrokke leerlinge verhaal word.
Geen leerling mag op die stoepe hardloop nie.
Fietse moet altyd in die fietsloods gestoor en gesluit word. Niemand mag binne die fietsloods speel nie.
Geen leerling mag binne die skoolterrein op 'n fiets ry nie.
Die kleedkamers moet altyd netjies en skoon gehou word en geen speletjies word daar toegelaat nie.
Geen rommelstrooiing word op en om die skoolterrein geduld nie.
Geen klippe of ander gevaarlike voorwerpe mag op die skoolterrein gegooi word nie.
Boomklim is verbode. Geen leerder mag oor die palissade en betonheining en mure klim nie.
Geen plant mag op die skoolterrein beskadig word nie. Die pluk van blomme en breek van takke word verbied.
Geen bakleiery word op die skoolterrein toegelaat nie.
Leerlinge mag nie tussen of naby voertuie op die skoolterrein staan of speel nie.
Leerlinge mag slegs pouses op die deel van die terrein speel wat aan hulle toegeken is.
Daar mag nie op skoolmeubels of enige ander skool eiendom gekrap of geskryf word nie.
Alle skade aan skool eiendom, bv. venster, meubels, sporttoerusting, apparatuur, programmatuur en handboeke, sal deur die ouers van die kind op eie koste vervang word.
Daar moet te alle tye ordelikheid heers tydens klaswisseling, voor en na saalopening, gewyde sang en pouses.